Nasionale Raad van Provinsies moet onteiening wetsontwerp verwerp

Die Instituut vir Rasseverhoudings in Suid-Afrika sê die Nasionale Raad van Provinsies moet in nasionale belang opstaan en die fundamenteel korrupte Onteieningswet verwerp. Die Nasionale Vergadering het Woensdag die wetsontwerp aanvaar. Dit het ten doel om voor te skryf hoe onteiening moet plaasvind en wat die prosesse en prosedures moet wees wanneer die staat eiendom wil onteien. Die instituut se woordvoerder, Gabriel Crouse, sê onteiening sonder vergoeding skend die oppergesag van die reg, die Handves van Regte en druip enige basiese toets van rasionaliteit: