Sleutellose diefstal van voertuie neem toe

Die voertuigopsporings-onderneming, Tracker, sê dit lyk asof ‘n toename in die gebruik van voertuie gedurende 2022 misdadigers groter toegang en geleentheid bied om metodes soos sleutellose toegangsdiefstal uit te oefen om eienaars van hul bates te ontneem. Sleutellose toegangsdiefstal behels ‘n paar of ‘n span misdadigers. Voertuigeienaars kan subtiel agtervolg word terwyl hulle van ‘n geslote voertuig af wegstap, terwyl die uitgestuurde sein wat van die voertuig se sleutelhouer ontvang word na ‘n misdadige eweknie gestuur word. Daardie persoon kan dan toegang tot die voertuig verkry en daarmee wegry.