RISE Mzansi hou kerkdiens om te bid vir party, verkiesing

RISE Mzansi hou ‘n kerkdiens by die Redeemed Gospel-kerk in Ennerdale, Johannesburg, om vir die party, asook die komende verkiesing, te bid. ‘n Woordvoerder, Gugu Ndima, sê kerke is ankers in talle gemeenskappe en hulle het steeds te doen met die vernietigende uitwerking van politieke verwaarlosing en korrupsie op Suid-Afrikaners. Die party respekteer alle gelowe en erken die belangrikheid van die verering van godsdienspraktye.