PDM vra aan Alweendo wie se olie is dit nou eintlik?

Die aflandige olie-ontdekking in Namibië maak daagliks opslae in die land. Nico Smit, parlementslid van die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, het vandag in die Nasionale Vergadering aan die minister van myne en energie, Tom Alweendo, gevra om sy teenstrydige uitsprake wat weke uitmekaar gemaak is, te verduidelik. Die minister het voorheen gepraat oor wie die olie in Namibië besit. Smit meen die minister se opmerkings is verwarrend as hy vandag een ding sê en die volgende dag iets anders.