Malema sê misdaadvlakke bly hoog onder Ramaphosa

Die EFF-leier Julius Malema sê onder die huidige administrasie van President Cyril Ramaphosa bly die vlak van misdaad hoog. Hy sê moorde, verkragting en geslagsgeweld neem toe ondanks die regering se leë beloftes om hierdie misdade te bekamp. Malema sê jong kinders sterf in ‘n taverne, mense is in Soweto is vermoor en die polisie het nog nie ‘n goeie verduideliking verskaf oor wat presies gebeur het nie.