Vispryse styg met 7% in Junie

Die prysvlakke van vis het in Junie met 7 persent in Namibië toegeneem, vergeleke met 0,9 persent wat in Junie 2021 aangeteken is. Die toename in die jaarlikse inflasiekoers spruit hoofsaaklik uit prysstygings van vars, verkoelde en bevrore vis vanaf 1,7 persent tot 10,1 persent en blikkies vis van 0,5 persent tot 2,6 persent. Pryse vir brood en graan het gedurende Junie ook met 7 persent gestyg vergeleke met 5,6 persent wat in Junie 2021 aangeteken is. Die toename spruit hoofsaaklik voort uit die prysstygings van brood, koekmeel vanaf 2,6 persent tot 15,7 persent en koek van 4,6 persent tot 12,6 persent.