PDM veroordeel onttrekking van Mboma, Masilingi

Die PDM-party het ‘n verklaring uitgereik in verband met die onttrekking van die Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi van die Spele se 400-meter as gevolg van vrese dat hulle testosteroonvlakke te hoog is. Die twee het die afgelope tyd skoonskip gemaak van verskeie rekords in Europa. Die party veroordeel die stap ten sterkste. Johannes Martin, die party se sportsektretaris het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.