Delta is dominant in SA, versprei vinnig

Die waarnemende Suid-Afrikaanse gesondheidsminister , Mmamaloko Kubayi-Ngubane, sê daar is nou beskikbare data wat bevestig die Covid-19 Delta-variant is oorheersend in Gauteng en KwaZulu-Natal. Dit is egter reeds besig om na die res van die land te versprei. Sy het die land ingelig oor die jongste Covid-19 status in Suid-Afrika. Kubayi-Ngubane sê die Delta-variant, wat die eerste keer in Indië uitgeken is, is vir die land se derde vlaag verantwoordelik: