Britte sit sonder hulle Haribo

‘n Tekort aan vragmotorbestuurders het ‘n tekort aan Haribo-lekkers in die Verenigde Koninkryk veroorsaak. ‘n Woordvoerder van die maatskappy wat in Duitsland gesetel is sê sy hele reeks lekkers word beïnvloed. Die vragmotorvervoer industrie sê Brexit en die Covid-pandemie het tot die tekorte gelei en dat daar tans ‘n tekort van meer as 60 000 bestuurders is. Daar word beraam dat 30 000 bestuurstoetse nie verlede jaar plaasgevind het nie, as gevolg van inperkings.