PDM soek antwoorde oor vissermanne

Die Popular Democratic Movement, die PDM, is onthuts oor berigte dat meer as 600 vissermanne weer werkloos is. Die PDM opper sedert 2015 sy beswaar oor die wyse waarop 3 000 vissermanne hul werk verloor het. Sedertdien het die PDM by die ministeries van visserye en arbeid om hierdie werklose vissermanne te help. Die PDM sê dit is opmerklik dat die Cavema gesamentlike onderneming daarna gestig is met visvangkwotas wat deur die regering aan hulle toegestaan is om die werklose vissermanne in diens te neem. Die PDM sê hierdie inisiatief het egter nie vrugte afgewerp nie, want nie alle vissermanne het werk gekry nie. Die sekretaris-generaal van die PDM, Manuel Ngaringombe sê aan Kosmos 94.1 Nuus die regering moet met ‘n dringende oplossing vorendag kom.