Sahpra waarsku ook oor Indiese hoesstroop

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, waarsku teen die gebruik van vier hoesstrope wat vervaardig is deur die Indiese maatskappy, Maiden Pharmaceuticals. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind dat ten minse vier hoesstrope vanuit Indië word verbind met die dood van meer as 30 kinders in Gambië. Die medisyne bevat blykbaar onaanvaarbaar hoë hoeveelhede gifstowwe. Sahpra sê die produkte is nie geregistreer vir gebruik in Suid-Afrika nie.