Nog ‘n terugslag vir Spele

Verskeie hoofborge van die Olimpiese Spele sal nie die openingseremonie bywoon nie. Die aankondiging word as nog ‘n terugslag vir die Spele gesien, terwyl nog atlete positief vir Covid toets. Die Spele sal Vrydag amptelik in Tokio open maar die Panasonic-korporasie, NEC en Fujitsu Beperk sal nie teenwoordig wees nie. Die nuus volg kort op die aankondiging deur nog ‘n borg, die Toyota Motor-korporasie dat hy al sy TV-reklame gekanselleer het.