PDM skenk mobiele kliniek aan Grünau-gemeenskap

Sommige gemeenskapslede van Grünau in die Karas-streek verwelkom die mobiele kliniek wat deur die Popular Democratic Movement geskenk is. Grünau het ‘n bevolking van sowat 400 inwoners. PDM se lid van die Nasionale Vergadering, Elma Dienda, het gesê die PDM wil deur hierdie projek gesondheidsorg nader aan die mense bring en veral diegene wat lank verlate en vergete op plekke soos Grünau woon. Dienda praat met Kosmos 94.1 Nuus.