Eg Namibiese My dream wedding September hier

Ondanks die Covid-pademie gaan Namibiërs voort om te werk en huishoudings aan die gang te hou. Die Namibiese kreatiewe vermaakdirekteur van Olive Entertainment, Julia Kadhikwa, stel die Namibiese weergawe van My dream wedding in Namibië bekend. My dream wedding is oorspronklik in Suid-Afrika vervaardig. Volgens Kadhikwa het die program ten doel om verskillende kulture te bevorder. Die premiere van My dream wedding vind op 3 September in Ster Kinekor by die Grove Mall plaas. Kadhikwa gesels met Kosmos 94.1 Nuus.