Wes-Kaap gekant teen uitstel van plaaslike regeringsverkiesing

Die Wes-Kaapse regering sê hy gaan die uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing teenstaan omdat dit ‘n gevaarlike presedent skep waar stemreg en verwante regte sonder die korrekte grondwetlike proses uitgestel kan word. Die aansoek word Vrydag in die Konstitusionele Hof aangehoor. Die Wes-Kaapse regering word verteenwoordig deur die LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, in sy hoedanigheid as tiende verweerder in die saak.