Gauteng se plunder-skade word nog bereken

Die premier van Gauteng, David Makhura, sê die omvang van die skade aan ondernemings weens plundering word nog bereken. Hy het gepraat tydens ‘n opruimingsveldtog by Tembisa Plaza. Die veldtog vorm deel van die provinsiale regering se pogings om in samewerking met sakeondernemings kleinhandelwinkels weer aan die gang te kry. Makhura sê meer as 80 000 township-ondernemings is deur plundering en gewelddadige versetoptrede geraak.