PDM sê hy het bewyse van mynlisensie-korrupsie

Die PDM se parlementslid Elizabeth Becker het in die Nasionale Vergadering aan minister Tom Alweendo gesê sy het bewyse van korrpute betalings in verband met die korrupsie-skandaal waar hy en sy amptenare betrek word. Alweendo het vanoggend ‘n perskonferensie gehou om die aantygings van 50 miljoen Namibiese dollar se omkoopgeld om te keer dat ‘n mynlisensie naby Omarurur toegeken word, aangespreek. Volgens Becker, gee Alweendo se amptenare lisensies aan kollegas.