Neanderdal-vroue was effe ‘losbandig’

Wetenskaplikes wat navorsing op Neanderdal-gemeenskappe in twee Siberiese grotte uitgevoer het, het bevind dat Neanderdal-vroue redelik losbandig voorgekom het en gereeld rondbeweeg het tussen klein familie-groepe. Been- en tandoorblyfsels het lig gewerp op die sosiale organisasie-netwerke van die gemeenskappe en genetiese toetse het aan die lig gebring dat die oorblyfsels, van 54 000 jaar gelede toon dat mans die ankers was van die familie-groepies. Interessant genoeg is die grotte 100 kilometer geleë waar die eerste oorblyfsels van Denisovans gevind is, maar die studie het geen bewyse van kruisingteling tussen die twee gevind nie. Die moderne mens was nog nie daar nie. Die Neanderdal, meer robuust gebou as Homo sapien, het van ongeveer 430 000 jaar gelede tot ongeveer 40 000 jaar gelede geleef.