PDM sê hy fokus op nasionale verkiesing van 2024

Die amptelike Namibiese opposisie, die Popular Democratic Movement, is baie kritiek op die hals gehaal waarom die party nie aan die tussenverkiesing van die Moses //Garoëb-kiesafdeling in die hoofstad deelgeneem het nie. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het tydens ‘n vorige verkiesingsveldtog in ‘n sinkhuis in dié kiesafdeling gaan slaap om kiesers te werf, maar met dié tussenverkiesing was die party afwesig. PDM se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe gee die redes aan Kosmos 94.1 Nuus waarom hulle nie ‘n kandidaat vir die tussenverkiesing gehad het nie.