Onderwyser op Tsumeb met ietermagôvel vasgetrek

‘n Onderwyser en nog ‘n verdagte is op Tsumeb in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n ietermagôvel aan ‘n geheime polisiebeampte probeer verkoop het. Volgens die Namibiese polisie het ‘n intelligensie-gedrewe operasie gelei tot die inhegtenisneming van die twee verdagtes wat in besit was van ‘n ietermagôvel. Die twee verdagtes, onderskeidelik 42 en 32 jaar oud, verskyn na verwagting vandag in die Tsumeb-landdroshof.