Talle DA-lede glo ontevrede met Helen Zille

Drie voormalige raadslede van die Swellendamse munisipaliteit in die Wes-Kaap oorweeg dit om die DA te dagvaar nadat hulle lidmaatskap beëindig is. Daar word beweer die voormalige speaker, Bongani Sonqwenqwe, die voormalige onderburgemeester, Abraham Pokwas en Gcobisa Mnageu-Qotyiwe het ʼn koukusbesluit verontagsaam om nie die pos van direkteur van korporatiewe dienste te adverteer nie. Die voormalige speaker van die Wes-Kaapse wetgewer, Masizole Mnqasela, sê baie DA-lede en ondersteuners is uiters ongelukkig oor hoe die party se federale voorsitter, Helen Zille, die aangeleentheid in Swellendam hanteer het.