PDM-parlementslid: Kanaalwater moet vir gewasse aangewend word

PDM-parlementslid Vipuakuje Muharukua het ‘n besoek aan die Omusati-streek gebring om verskeie aspekte van kommunale saaiboerdery te inspekteer en maniere te vind oor hoe die kanaalwater wat van Epalela na Oshakati loop, volhoubaar benut kan word vir die kweek van gewasse in die streek. Muharukua is op ‘n feitesending om sy mosie te ondersteun oor die voorsiening van 40 persent-subsidies aan saaiboere wat in nedersettings langs die waterkanaal in die Omusati- en Oshana-streek woon. Hy het met boere in die omgewing vergader en ook ‘n besoek aan Omusati-goewerneur Erginus Endjala gebring om oor die kwessie te beraadslaag.