NBL verheug oor hul jaareindstyfers

Die besturende direkteur van Namibia Breweries Limited, Marco Wenk, is tevrede met hul jaareindsyfers vir 30 Junie 2022 wat vandag bekend gemaak is. Algehele verkoopsvolumes het met 12 persent toegeneem teenoor die vorige finansiële jaar. Groei is te danke aan ‘n toename in volumegroei en vraag vanuit Suid-Afrika. Namibiese biervolumes het met 1,5 persent gedaal weens die sukkelende Namibiese ekonomie. Netto inkomste het met 14,1 persent gestyg tot 3,021 miljard Namibiese dollar en wins na belasting is 540 miljoen dollar, ‘n styging van 42,8 persent. Wenk gesels met Kosmos 94.1 Nuus.