PDM maak aanpassings aan sy skadu-kabinet

Met nuwe parlementslede wat ingesweer is, het die Popular Democratic Movement veranderings aan sy skadu-kabinet gemaak. Die sekretaris-generaal van die party, Manuel Ngaringombe, sê dit was genoodsaak deur die aanpassings maar voeg by, die kabinet is ook kleiner gemaak.