Jou lewe kan moontlik voor jou verby flits wanneer jy sterf – studie

‘n Span wetenskaplikes, wat per abuis ‘n sterfgeval gehad het tydens ‘n eksperiment, meen dat jou lewe wel voor jou verby kan flits wanneer jy sterf. Die span het ‘n pasiënt se brein aktiwiteit gemonitor. Die man was 87 jaar oud en het epilepsie ontwikkel maar tydens die opname is hy dood aan ‘n massiewe hartaanval. Die uitslae toon dat in die 30 sekondes voor en toe weer na sy dood, het sy brein dieselfde aktiwiteit getoon as tydens drome of wanneer mense herinneringe oproep. Die Kanadese studie is in die vaktydskrif Frontiers in Ageing Neuroscience gepubliseer. Dr. Ajmal Zemmar sê die aktiwiteit is uiters interessant omdat dit plaasgevind het na die pasiënt se hart gaan staan het.