Patriotic Alliance het nog nie oor Mpho besluit nie

Die Patriotic Alliance in Johannesburg sê hy moet nog ʼn finale besluit neem oor die mosie van wantroue teen die burgemeester van Johannesburg, Mpho Phalatse wat vir Donderdag geskeduleer is. Drie mosies van wantroue teen die burgemeester kan moontlik by dié raadsvergadering ter tafel gelê word. Phalatse word daarvan beskuldig dat sy nie haar mandaat teenoor inwoners nakom nie. Die adjunkpresident van die Patriotic Front, Kenny Kunene sê hulle wag op ʼn voorstel van die DA en ʼn geskeduleerde vergadering met die ANC, voordat hulle finaal besluit of hulle vir of teen Phalatse sal stem: