Patagonia-baas gee maatskappye weg 

Die stigter van die maatskappy Patagonia, wat drag vir die buitelewe vervaardig, Yvon Chouinard, het die maatskappy gegee aan twee omgewingsorganisasies. Hy het eienaarskap oorgedra aan Patagonia Purpose Trust en die Holdfast Collective in ‘n poging om te help met die stryd teen klimaatsverandering. Die stap sal na verwagting ongeveer 1,748 triljoen Namibiese dollar per jaar oplewer om die twee organisasies se pogings te befonds. Chouinard sê elke sent wat ontvang word sal gebruik word om die natuur en biodiversiteit te beskerm, suksesvolle gemeenskappe te steun, en die omgewingskrisis te beveg.