Kommentaar oor wildsvleis nog oop in SA

Die tydperk vir openbare kommentaar op die konsep-witskrif op die Bewaring en Volhoubare Gebruik van Suid-Afrika se Biodiversiteit, en die konsep Wildsvleisstrategie is tot die 26ste van die maand verleng. Die woordvoerder van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Albi Modise, sê die konsep-witskrif beklemtoon die behoefte aan ‘n holistiese benadering tot volhoubare gebruik. Hy sê dit verseker verantwoordelike en menslike gebruik van Suid-Afrika se biodiversiteit en die beëindiging van swak en skadelike praktyke: