Twee kinders in tasse: Vrou in Suid-Korea vas

‘n Twee-en-veertigjarige vrou is in Suid-Korea gearresteer en aangekla van die moord op twee kinders wie se liggame verlede maand in tasse in Nieu-Seeland gevind is. ‘n Gesin in Suid-Auckland het op die twee kinders se liggame afgekom terwyl hulle deur die inhoud gegaan het van ‘n bergingseenheid wat hulle op ‘n aanlyn veiling gewen het. Owerhede sê die liggame was drie of vier jaar lank in die bergingseenheid. Nieu-Seeland het aansoek gedoen dat Suid-Korea die vrou uitlewer.