Passasiers op vlug na Hawaii erg beseer tydens turbulensie

Minstens 36 mense is beseer toe ‘n vlug Sondag vanaf Phoenix in Amerika onderweg na Honolulu in Haiwaii erge turbulensie ervaar het. Altesaam 11 van die beseerde passasiers is ernstig beseer en in Honolulu gehospitaliseer. Die turbulensie het die vlug getref sodat 30 minute voordat dit moes land. Passasiers het onder meer hoofbeserings, kneusplekke en skeurwonde opgedoen en sommige het ook hul bewussyn verloor. Hawaii Airlines sê in ‘n verklaring hy sal die passasiers en sy werknemers bystaan.