Sokker: Black Africa vier eerste oorwinning

Die sokkerspan Black Africa het sy eerste oorwinning van die 2022-2023 Debmarine Namibië Premierliga-seisoen in sy Katutura-derby teen Orlando Pirates by die Unam-stadion in die hoofstad aangeteken. Die Lively Lions het die enigste doel van die wedstryd aangeteken om Pirates met 1-0 te klop. Dit is Black Africa se eerste oorwinning in sewe wedstryde en besorg hulle drie waardevolle liga-punte. Hulle bly egter in die 15de posisie op die puntelys met vyf liga-punte, met ’n doelverskil van minus vyf. Black Africa het tot dusver vier doele aangeteken, met nege teen hulle.