BLSA: Uitslag by ANC-verkiesing moet dui op hervorming

Business Leadership South Africa sê die leierskap wat ná die ANC se verkiesingskonferensie na vore kom, moet hom dadelik verbind tot die rigting waarin die land beweeg. Meer as 4 000 afgevaardigdes het gestem vir die party se top-sewe leiers. Die uitslag word vandag verwag. Die uitvoerende hoof van BLSA, Busi Mavuso, sê om langtermyn-teikens te bereik, moet daadwerklike stappe gedoen word om hervormings vinniger te bewerkstellig. Dit sluit ook in ekonomiese groei, die skepping van werksgeleenthede, beter dienslewering en die herstel van die energie- en vervoer-bedryf .