Soektog na jakkals duur voort

‘n Soek tog na die jakkals met sy kop vasgevang in ‘n plastiek waterbottel, is van stapel gestuur. Die dier is gister op die grondpad agter die Cimbabasia-woonbuurt in Windhoek opgemerk. Johnson Ndokoshi, ‘n adjunk-direkteur in die omgewingsministerie het gesê niemand het hulle van die voorval ingelig nie, maar hulle sou ook die die jakkals probeer opspoor. Verskeie Windhoekers en organisasies het hul hulp aangebied om die jakkals van sy lyding te verlos. Een van die organisasies is Intelligence Support Against Poaching wat oor die dienste van ‘n veearts beskik. Fritz Kaufmann van Isap het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.