Pasgebore baba uit puttoilet gered

Polisie in Omusati het ‘n 22-jarige Angolese burger in hegtenis geneem op klagte van poging tot moord en verberging van geboorte. Volgens berigte het die vrou naby ‘n kroeg in die Omugongo nedersetting geboorte geskenk aan die dogtertjie en toe die baba in ‘n sak geplaas en in ‘n puttoilet gegooi. Gemeenskapslede het die kleintjie hoor huil en sy is deur owerhede gered. Sy is stabiel en word tans in die hospitaal behandel. Die vrou, wat op Ogongo werk is in hegtenis geneem maar het nog nie in die hof verskyn nie omdat sy ook mediese behandeling ontvang.