Haïti se president dood in sluipmoord

Die president van Haïti Jovenel Moise is by sy huis dood in ‘n sluipmoord aanval. Die land se tussentydse premier Claude Joseph het die nuus aan internasionale nuusagentskappe bevestig. Luidens berigte het ‘n groep onbekende persone Moise by sy woning gedurende die nag aangeval en doodgeskiet. Die Presidentsvrou Martine Moise is gehospitaliseer. Moise het in 2018 verkiesings vertraag na sy termyn tot ‘n einde gekom het. Haïti word gekenmerk deur erge armoede.