Uitspraak vandag in Howard-Graham saak

Regter Kobus Miller sal vanoggend uitspraak lewer in die saak waar die argitek en eiendomsontwikkelaar Desmond Howard se familie-trust Archie Graham vir betaling van net minder as 44 miljoen Namibiese dollar dagvaar. Die uitspraak is vroeër die week uitgestel tot vandag toe. Howard het in sy stukke ‘n skulderkenning wat hy sê deur Graham onderteken is, ingesluit. Daar is 53 ander respondente in die saak, wat almal eiendomme is. Die saak is deur Graham verdedig. Verlede jaar is die saak vir bemiddeling gestuur maar die bemiddelaar sê Graham en sy regslui het dit geïgnoreer en hy het aanbeveel dat die hof die respondente las met die kostes daarvan.