Parlementslid vra bespreking oor grensverdrag tussen Namibië en Botswana

‘n Parlementslid van Nudo en die sekretaris-generaal van die party, Joseph Kauandenge, het vandag in die Nasionale Vergadering gevra om ‘n mosie wat hy vroeër ter tafel gelê het, te heroorweeg vir bespreking op 23 Februarie. Hy meen dit is steeds relevant om die grensverdrag tussen Namibië en Botswana te bespreek, alhoewel Namibië deur die Afrika-kommissie van Menseregte geadviseer is om nie die verdrag te onderteken nie.