Parlement se ondersoek duur voort na OB se ampsbevoegdheid

Die Suid-Afrikaanse parlement sê die Artikel 194-komitee wat die ondersoek doen oor die openbare beskermer se ampsbevoegdheid gaan voort. Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Busisiwe Mkhwebane se aansoek tersyde gestel om onder meer die gedrag van die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en sekere besluite van die Artikel 194-komitee onwettig te verklaar. Die woordvoerder van die parlement, Moloto Mothapo, sê die komitee sal na verwagting ‘n verslag aan die Nasionale Vergadering vir oorweging voorlê.