Rusland se greep op noordooste van Oekraïne verslap

Moskou het sy hoof-bastion in die noordooste van Oekraïne laat vaar in ‘n skielike ineenstorting van een van die oorlog se hoof-frontlinies. Dit volg na die Oekraïnse magte se sterk opmars. Die Oekraïnse minister van buitelandse sake, Dmytro Kuleba, sê die vordering toon hulle kan Rusland verslaan. Die spoedige val van drie sleutel-stede, Izium, Kupiansk en Balaklyia in die Kharkiëf-provinsie, is Moskou se ergste nederlaag sedert sy troepe in Maart gedwing is om uit die hoofstad Kiëf terug te val.