Parlement moet NBC-subsidie verwerp

Die stakende NBC-werkers het die Nasionale Vergadering gevra om die huidige subsidie wat aan die nasionale uitsaaier toegeken is, te verwerp. Die werknemers sê die toekenning van 127,5 miljoen Namibiese doller, ‘n 62 persent verlaging van die meer as 334 miljoen doller in die vorige finansiële jaar, maak ‘n bespotting van die korporasie se werk. In hulle petisie aan die Eerste Minister Dr. Saara Kuugongelwa Amadhila, sê hulle verder dat die huidige bestuur van die korporasie afgedank moet word. Hulle meen hulle sien geen toekoms met die individue nie. Hulle eis ook ‘n forensiese oudit van die sake van die NBC. Werkers sal vandag hulle vreedsame protesoptogte voortsit.