Diewe steel motor, maar laai eers kinders by die skool af

Die polisie in Limpopo is op die uitkyk vir ‘n voormalige werknemer van ‘n egpaar in Limpopo na ‘n ongewone rooftog in Bolobedu hierdie week. Twee mans het die egpaar in hul huis aangerand en vasgebind. Die slagoffers besit ‘n skoolvervoer-onderneming. Hulle is van huishoudelike goedere beroof en die aanvallers het daarna in hul voertuig geklim, waar kinders reeds gewag het om skool toe geneem te word. Hulle het eers die kinders by hul onderskeie skole afgelaai en daarna gevlug.