Parkhouse gesels oor internskappe – uitdagings en oplossings

Tersiêre instellings in Namibië begin internskappe vereis vir studente om kursusse suksesvol te voltooi. Dit kom na klagtes dat gegradueerdes geen vaardighede het nie en neem dus poste in met net ‘n akademiese inleiding na die vakgebied. Maar, internskap-programme werk nie en maatskappye is oor die algemeen huiwering om die studente in te neem, wat die studente op hul beurt van geleenthede ontneem. Die deurwinterde kenner van die sakesektor in die land, Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het sy mening in die verband so verwoord.