Dis nou die tyd om bloed te skenk

Dit is nou die tyd om bloed te begin skenk. Skenkings kan vir ses-weke veilig bewaar word en met die feesseisoen wat om die draai is, sal die Namibiese Bloedoortappingsdiens meer voorraad as normaal nodig hê. Kosmos 94.1 Nuus het met Titus Shivute, woordvoerder van die diens, gepraat. Hy sê hulle veldtog begin binnekort.