Parade in Johannesburg gehou ter ere van 61 Regiment

Johannesburg se speaker, Vasco da Gama, het vandag die parade van 61 Regiment by die Metro-sentrum aangebied. Die parade is ter ere van die dapper mans en vroue wat tydens die uitvoering van hulle plig gesterf het. ‘n Woordvoerder van die metro, Virgil James, sê die eenheid is tans in Afrika aktief om vrede te help bewaar en voer ook teen-stropingspligte uit. Hy sê sommige lede sal later hierdie maand in die Noord-Kaap ontplooi word.