Dr. Helena Ndume wen groot toekenning

Dr. Helena Ndume, die hoof van die oogkundige kliniek by die Windhoek Sentrale Hospitaal sal op 28 Junie in Montréal in Kanada die 2022 Lions-klub se Humanitêre toekenning ontvang. Ndume het al meer as 35 000 gratis oogoperasies in Namibië, Angola en regoor die wêreld uitgevoer. Die gesogte toekenning is al deur Moeder Theresa, Amerikaanse oudpresident Jimmy Carter en Nobelpryswenner dr. Denis Mukwege, ingepalm. Dr. Ndume deel haar vreugde met Kosmos 94.1 Nuus.