SA gesondheidsminister beveel aan maskers moet waai

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, dr. Joe Phaahla, sê dat die ministeriële advieskomitee aanbeveel het dat die dra van maskers in die buitelug opgehef moet word. Ander moontlike verslappings aan inperkingsmaatreëls sluit reëls rakende die aantal mense wat sosiale byeenkomste kan bywoon, reise van en na Suid-Afrika, asook ontspanningsaktiwiteite in. Die nasionale ramptoestand sal na verwagting ook op 15 Maart verval. Volgens Phaahla sal die voorstel volgende week aan die koronavirus-bevelsraad voorgelê word.