Para-atlete berei voor vir Statebondspele

Die Namibiese Paralimpiese komitee se sekretaris-generaal, Michael Hamukwaya, sê die Paralimpiese atlete sê hard besig om voor te berei vir die komende Paralimpiese Spele in Frankryk en die Statebondspele in Birmingham in Engeland wat vanjaar gaan plaasvind. Om almal te akkommodeer, gaan die komitee binnekort bykomende sportsoorte bekendstel, soos blinde sokker. Hamukwaya voeg by dat sommige atlete probeer nog om te kwalifiseer.