Oos-Europese spanning: Nou kom Nord Stream 2, en 1, by

Die VSA en Duitsland het gedreig om die opening van ‘n multi-miljard-dollar-sleutel-pyplyn te vertraag, sou Rusland die Oekraïne binneval. Dié pyplyn sal Russiese gas aan Wes-Europa verskaf. Die Nord Stream 2-gaspyplyn wat Duitsland met Rusland verbind, kan genoeg energie aan 26 miljoen Duitse huishoudings voorsien. Die pyplyn is ontwerp om Rusland se gasuitvoere na Duitsland te verdubbel. Adam Parsons van SkyNews is in die noorde van Duitsland en het die uitdadings so beskryf.

Intussen is die emir van Katar, Sheikh Tamim bin Hamad al-Thani, in gesprek met die Amerikaanse president, Joe Biden, om die verskaffing van gas aan te vul indien Rusland pyplyne toemaak. Katar het oortollige gas wat hy in Oos-Asië berg.