Panyaza Lesufi is sewende Gautengse premier

Die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, is verkies tot sewende premier van die provinsie. Hy volg David Makhura op, wat Woensdag bedank het. Lesufi begin sy bewind te midde van verskeie krisisse, insluitend water- en kragonderbrekings wat verskeie dele van die provinsie teister. Hy het vanmiddag in die wetgewer gesê hy is gereed om verandering teweeg te bring vir ‘n beter, vrye Suid-Afrika.