Angelina Jolie beweer Brad Pitt het een van hul kinders gewurg 

Aktrise Angelina Jolie het hofdokumente ingedien as deel van die lang stryd om van haar eks-man, akteur Brad Pitt, te skei. Sy beskuldig Pitt daarvan dat hy een van hulle ses kinders gewurg het tydens ‘n bakleiery op ‘n private straalvliegtuig. Sy beweer ook dat hy ‘n ander een deur die gesig geslaan het en haar teen ‘n muur gegooi het. Jolie sê Pitt se optrede op ‘n vlug in September 2016 van Frankryk op pad na Kalifornië het die kinders in trane en getraumatiseerd gelaat, en sy self het beserings aan haar rug en elmboog opgedoen. Vyf dae na die vlug het sy Pitt om ‘n egskeiding gedagvaar. Hul dogter Shiloh Jolie-Pitt is in Namibië gebore.